# Die DA sê 140 uit die totaal van 517 voertuie van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se blitspatrollie, is weens herstelwerk en instandhouding buite aksie. Dit het aan die lig gekom in ‘n antwoord op ‘n vraag wat deur die DA in die Parlement gestel is. Daar is dus slegs 377 voertuie landswyd beskikbaar om op ernstige misdade en noodgevalle te reageer. Gauteng het die grootste aantal blitspatrollievoertuie, waarvan 56 tans buite diens is. Ian Cameron van die party waarsku voertuigtekorte kan polisiereaksietye vertraag, en hy doen ‘n beroep op groter munisipale betrokkenheid om misdaad te bekamp.
DA waarsku oor verouderde polisievoertuie en instandhoudingvertragings