# Twee Suid-Afrikaners staan in Amerika afsonderlik tereg op aanklagte van die beweerde seksuele misbruik van kinders. Arno Venter, wat ingevolge die Afrikaner-vlugtelingsprogram in die land was, is vroeër die maand in Ohio in hegtenis geneem. Die Departement van Binnelandse Veiligheid sê hy kan ná sy verhoor gedeporteer word. Vico du Toit, wat op ‘n werkvisum in Amerika was, is gister in Oklahoma in hegtenis geneem. Hy staan tereg op nege aanklagte, insluitend die beweerde besit en verspreiding van kinderpornografie. Du Toit word aangehou op borgtog van 8,3-miljoen-rand. Beide sake moet nog in die hof voorkom.
Tweede Suid-Afrikaner in VSA in hegtenis geneem oor aanklagte van kinderpornografie