# Sowat 200 passasiers op ’n residensiële passasierskip is in Kambodja gestrand nadat die operateur ‘n wêreldreis weens stygende brandstofkoste opgeskort het. Die Amerikaanse maatskappy Villa Vie Residences het passasiers versoek om die Odyssey te verlaat. Die skip het Vrydag by die hawe van Sihanoukville aangekom en sou na Vietnam voortgaan. Die skip reis sedert 2024 deur die wêreld, met passasiers wat kajuite koop of huur om as permanente wonings te dien. Volgens die maatskappy het die maandelikse brandstofkoste per kajuit van ongeveer 30-duisend-rand tot 133-duisend-rand gestyg. Die maatskappy beoog nou ‘n finansiële herstrukturering.
200 passasiers op ’n luukse passasierskip gestrand in Kambodja met brandstofkoste wat hoogte inskiet