Skip to content

Business Leadership SA sê hervormings-momentum is terug met die land wat hoogste telling ooit aanteken

# Business Leadership South Africa sê die land se vordering met hervorming het sy hoogste vlak bereik sedert monitering in Maart 2024 begin het. Die organisasie se jongste telling op die hervormingsmonitor het vir die tydperk Julie tot September tot 72,5 punte gestyg, vergeleke met 71,3 punte vir April tot Junie. Verbeterings is aangeteken in die elektrisiteitsektor, spoorvervoer en finansiële dienste. Vordering in die stryd teen korrupsie het egter tot stilstand gekom, terwyl hervormings op die gebied van bestuur agteruitgegaan het. Die organisasie waarsku dat swakhede in wetstoepassing Suid-Afrika in gevaar kan stel om weer op die taakspan vir finansiële aksie se gryslys te beland.