Skip to content

Inwoners van Melville betoog oor aanhoudende watertekorte

# Gefrustreerde inwoners van Melville het vanoggend opgeruk na Vierde Laan weens weke sonder betroubare watertoevoer. Betogers met plakkate waarop staan “Koppe moet rol” het die Stad Johannesburg gevra om die voortslepende krisis aan te pak. Die stigter van WaterCAN, Ferial Adams, sê daar is geen vooruitsig dat die stelsel binnekort sal normaliseer nie en inwoners is aangeraai om voorbereid te wees op verdere tekorte. Adams sê die hittegolf in Johannesburg vererger die situasie en plaas veral bejaarde inwoners en klein ondernemings sonder alternatiewe waterbronne onder geweldige druk.