# Rugby: Die Springbok-haker Bongi Mbonambi het ‘n eenjaar-kontrak met die Stormers gesluit na bevestiging dat hy vrygestel is van sy kontrak met die Haaie. Dit volg op dissiplinêre kwessies. Die Stormers ondervind ‘n haker-krisis omdat André-Hugo Venter, Deon Fourie en Lukhanyo Vokozela beseer is, terwyl JJ Kotzé ‘n skorsing uitdien. Die veteraan-nommer-twee, Scarra Ntubeni, wat verlede seisoen uitgetree het, oefen dié week saam met die span en kan oorweeg word in geval van nog ‘n besering voor Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-tuiswedstryd teen Ulster.
Rugby: Mbonambi verlaat die Haaie en sluit by die Stormers aan