# Die globale inisiatief teen transnasionale georganiseerde misdaad sê politieke moorde hou ʼn ernstige bedreiging in vir die integriteit en bestendigheid van die verkiesingsproses in aanloop tot volgende Woensdag se plaaslikeregeringsverkiesing. Tussen 1 Januarie en 30 September vanjaar is 45 politieke aanvalle aangemeld waarin 43 mense dood is. Vandeesmaand alleen is nege politiek-verwante moorde aangeteken. KwaZulu-Natal word die meeste deur politieke geweld geraak. Julian Rademeyer van die organisasie het aan die SABC gesê die geweld toon ook dat politiek gekriminaliseer word:
Globale inisiatief teen transnasionale georganiseerde misdaad waarsku politieke moorde bedreig verkiesingsproses [KLANK]
ENG RademeyerOnPoliticalKillings