Skip to content

Krieket: Starc skitter met die bal vir Australië op die openingsdag van die derde toets teen die Proteas

# Krieket: Die Australiese snelbouler Mitchell Starc het ses paaltjies geneem toe Suid-Afrika vir 329 lopies uitgeknikker is in hul eerste beurt, teen die einde van die eerste dag van die reeksbeslissende derde toets in Kaapstad. Die Proteas het eerste gekolf, met Marques Ackerman en Aiden Markram wat ‘n openingsvennootskap van 158 lopies om die eerste paaltjie opgebou het. Ackerman het ‘n loopbaanbeste 95 lopies aangeteken, en Markram het 78 bygedra. David Bedingham en Marco Jansen het ook bygedra deur albei ‘n vyftigtal te behaal. Australië begin vandag met hul eerste beurt.