# Die Raad vir die Ontwikkeling van die Boubedryf het 75 kontrakteurs lewenslank gederegistreer en op die swartlys geplaas nadat hulle registrasievereistes oortree het. Voorsitter Khulile Nzo het in Pretoria gesê hulle is lewenslank van die Nasionale Register van Kontrakteurs verwyder weens wanvoorstellings, insluitend vervalste bankstate en vals projekinligting. Nzo sê die stappe het in 2024 begin om te verhoed dat swakpresterende en bedrieglike kontrakteurs staatskontrakte bekom en openbare geld in gevaar stel. Ondernemings wat geraak word, sluit die Moriel-groep in, wat verbind word met die sakeman Lawrence Mudzinganyama.
Raad vir Ontwikkeling van die Boubedryf plaas 75 kontrakteurs lewenslank op swartlys