Skip to content

Johannesburg Water sê verligting van wateronderbrekings kan nog drie maande neem

# Inwoners van Johannesburg sal dalk nog drie maande lank wateronderbrekings en lae waterdruk ondervind. Die uitvoerende hoof van Johannesburg Water, Ntshavheni Mukwevho, het op ‘n inwoner-vergadering in Crown Gardens gesê korttermynmaatreëls behoort binne drie-maande ingestel te wees, soos die instel van druk-bestuurstasies en verbeterings aan reaksieplanne. Mukwevho sê volgehoue beleggings in verouderde infrastruktuur word egter benodig. Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, hou vol daar is nog nie ‘n waterkrisis nie en dit sal eers aanbreek op “Dag Zero”.