Skip to content

Nigerië se eerste bevestigde Ebola-pasiënt veilig na Switserland geneem [KLANK]

# Nigerië het sy enigste bevestigde Ebola-pasiënt na Switserland gestuur waar sy burgerskap het. Die 42-jarige vrou het simptome ontwikkel nadat sy vroeër die maand uit Uganda in die hoofstad, Abuja, aangekom het. Sy word in die Geneva Universiteits-hospitaal behandel terwyl haar man by die Zürich Universiteits-hospitaal in afsondering is. Nigeriese owerhede monitor 52 mense wat met haar in aanraking was. Die Wêreldgesondheidsorganisasie se streekdirekteur vir Afrika, Mohamed Janabi, sê die pasiënt kon verskuif word aangesien sy klinies bestendig was:

ENG JanabiOnEbolaNigeria