# Brasilië se linkse president, Luiz Inácio Lula da Silva, is vir ʼn vierde nie-agtereenvolgende termyn verkies nadat hy sy regsgesinde teenstander en Trump-bondgenoot, Flávio Bolsonaro, in die herstemming geklop het. Die 80-jarige Lula het 51,75-persent van die stemme gekry teenoor sy 45-jarige teenstander se 48,25-persent. Dis die eerste keer sedert 1989 dat ʼn kandidaat die presidentskap wen nadat hy in die eerste rondte tweede gekom het. Lula het in sy oorwinningstoespraak beloof om die manier waarop hy die land regeer te verander, en openbare deelname in besluitneming uit te brei.
Brasilië se linkse president Lula klop Trump-bondgenoot Bolsonaro vir vierde termyn