Skip to content

Marine Le Pen beloof om “ware verandering” in Frankryk teweeg te bring

# Die leier van Frankryk se National Rally-party, Marine Le Pen, sê die land se huidige situasie is weens sy leiers, nie sy mense nie. Dit volg nadat Frankryk die naweek onder ʼn nuwe vlaag betogings deurgeloop het waartydens meer as ʼn duisend mense Saterdag in hegtenis geneem is. Le Pen het met die bekendstelling van haar 2027-veldtog om as president verkies te word, president Emmanuel Macron se regering beskuldig dat hy sag optree teenoor gewelddadige betogers en gesag kort. Sy vra ʼn “nuwe renaissance” in Frankryk en beloof om “ware verandering” in die land te bring.