# Krieket: Suid-Afrika sal sonder die snelbouler Anrich Nortjé moet klaarkom in die derde en laaste toets teen Australië wat môre in Kaapstad begin. Hy is beseer tydens die tweede toets in Gqeberha. Gerald Coetzee is die geskikste plaasvervanger, maar het byna twee jaar laas ‘n toets gespeel, en die veelsydige Corbin Bosch kan ook oorweeg word. Afrigter Shukri Conrad kan dalk ook ’n stadiger bouler inspan soos die linkshandige draaibouler en veelsydige Senuran Muthusamy. Die reeks is tans gelykop met een-elk.
Krieket: Coetzee en Bosch moontlike plaasvervangers vir Nortjé vir die laaste toets teen Australië