Skip to content

Christelike Forum eis verwydering van voorsitter van Kommissie vir Kulturele, Godsdienstige en Taalkundige Regte [KLANK]

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum sê hy sal die Johannesburgse Hooggeregshof nader om die verwydering van die voorsitter van die Kommissie vir Kulturele, Godsdienstige en Taalkundige Regte, Thoko Mkhwanazi-Xaluva, te eis. Die president van die Forum, Marothi Mashashane, sê die Kommissie het geen wetlike of grondwetlike gesag om Christelike kerke te reguleer, te lisensieer of te keur nie. Mashashane sê die Kommissie se mandaat, ingevolge Artikel 185 van die Grondwet, is om godsdienstige regte te beskerm, te bevorder en te verdedig, en nie om as ‘n regulerende of wetgewende liggaam oor kerke op te tree nie:

ENG MashashaneONRemoval