# Betogings teen oorlog en stygende lewenskoste het gister in groot Italiaanse stede uitgebreek. Dit volg op gister se grootskaalse betogings in Franse stede. Die owerhede het ‘n sterk polisiemag ontplooi, en talle winkels het as voorsorgmaatreël teen moontlike skade gesluit. Die betogings in Turyn, Rome en Bologna het gewelddadig geraak met botsings met die polisie, die plundering van winkels en die beskadiging van eiendom. In Milaan het dit meestal vreedsaam verloop.
Betogings in Frankryk brei uit na Italiaanse stede