Skip to content

Sokker: Kaizer Chiefs uit Konfederasiebeker ná nederlaag teen Zambië

# Sokker: Kaizer Chiefs is uit die CAF-konfederasiebeker nadat hulle in Durban 3-2 met strafskoppe teen Zambië se Red Arrows verloor het. Chiefs het Vrydag die tweede wedstryd van die kragmeting met 1-0 op die Moses Mabhida-stadion gewen, danksy ‘n doel deur Bradley Cross in die tweede helfte, wat die gesamentlike telling op een-elk gelyk gemaak het. Amakhosi het egter verskeie uitstekende kanse verspeel voordat die wedstryd met strafskoppe beslis moes word. Lebohang Maboe, Reeve Frosler en Ethan Chislett se mislukte strafskoppe het Chiefs duur te staan gekom en hulle hoop om die groepfase te haal, verydel het.