# Sokker: Die president van FIFA, Gianni Infantino se kanse op herverkiesing in Maart het verbeter nadat die beheerliggaam van Asië besluit het om hom te steun. Hierdie liggaam, tesame met die Europese liggaam UEFA en Concacaf het hom gekritiseer oor sy mislukte plan om belange in Wêreldbekertoernooie te verkoop. Die Asiatiese president, sjeik Salman Khalifa, het tydens ‘n FIFA-kongres in Tokio gesê dit is tyd om vorentoe te beweeg. Infantino sal volgende jaar vir ‘n laaste termyn vir verkiesing staan, nadat hy in 2016 die leisels oorgeneem het.
Sokker: Infantino se kanse op herverkiesing verbeter ná Asië se ommeswaai