# Rugby: Die Italiaanse skeidsregter Andrea Piardi is volgende maand weer in beheer van ‘n Springbok-toets na verlede maand se omstrede wedstryd teen die Wallabies in Perth, toe hy in die laaste tien minute vier geelkaarte aan Australië uitgedeel het. Hy hanteer die 13de die Bokke se Nasieskampioenskapstoets teen Frankryk in Parys. Suid-Afrika speel die vorige week in Turyn teen Italië, en die 21ste in Durblin teen Ierland. Die Skotse vroue-skeidsregter Hollie Davidson hanteer dieselfde dag die wedstryd tussen Frankryk en Argentinië.
Rugby: Piardi hanteer in November nog ‘n Bok-toets