Skip to content

Rugby: Vyf Springbokke terug in Haaie-23 vir VRK-kragmeting teen Cardiff

# Rugby: Die Haaie se afrigter, JP Pietersen, het drie Springbokke teruggebring in die beginspan vir vanaand se Verenigde Rugbykampioenskaps-kragmeting met Cardiff in Wallis. André Esterhuizen is terug as kaptein ná ‘n verpligte ruskans tydens verlede Saterdag se oorwinning van 40-33 oor Lyon in die Uitdaagbeker. Ethan Hooker en Edwill van der Merwe is die vleuels. Twee ander Bokke, die stutte Ox Nché en Thomas du Toit, sal op die bank wees. Die lostrio bestaande uit Manu Tshituka, Matt Romao en Nick Hatton bly onveranderd.