Skip to content

Tshwane aktiveer alternatiewe watervoorsiening vir Pretoria-middestad ná besoedeling [KLANK]

# Die Stad Tshwane het alternatiewe watervoorsiening vir die Pretoria-middestad en omliggende gebiede in werking gestel. Dit volg nadat watergehalte-toetse mikrobiologiese besoedeling in water uit die Findlay-reservoir opgespoor het. Die besoedeling is opgemerk nadat ‘n rioolpyp gebars en tot verhoogde mikrobiese voorkoms in die bestaande chloorvlakke gelei het. Die metro se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê die Pretoria-middestad en omliggende gebiede ontvang nou alternatiewe toevoer uit die Salvokop-reservoir:

ENG MashigoONContamination