Skip to content

Macron verskerp beperkings op betogings na gewelddadige onluste en plundery

# Die Franse president Emmanuel Macron sê “onwettige” betogings sal in die komende dae verbied word en pak die skuld vir geweld op “opruiende” ultra-linkse groepe en vandale. Betogings oor die toestand van skole en hoë lewenskoste het in landwye geweld en oproer ontaard en meer as twee-duisend mense is die afgelope naweek gearresteer. Owerhede het gister se beplande betogings in Parys, Lyon, Lille en Grenoble verbied. Macron sê betogings wat deur erkende groepe soos vakbonde gereël is, mag voortgaan. Hulle roetes sal moontlik gewysig word om sakeondernemings te beskerm.