# Tennis: Die deelnemers aan volgende maand se WTA-eindtoernooi in Indian Wells, Amerika, is bevestig toe die Tsjeg Karolina Muchova die agste en laaste plek ingepalm het. Sy het dit vermag toe Marta Kustyuk van Oekraïne moes onttrek tydens die tweede ronde van die Ningbo-ope in China. Muchova sluit aan by Elena Rybakina van Kazakstan, Aryna Sabalenka van Belarus, die Rus Mirra Andreeva, nog ‘n Tsjeg, Linda Noskova, die Amerikaners Coco Gauff en Jessica Pegula, en Elina Svitolina van Oekraïne. Die toernooi begin op 7 November.
Tennis: Deelnemers aan WTA-eindtoernooi bevestig na Muchova laaste plek inpalm