# Rugby: Die Leeus sê volgens ‘n nadoodse ondersoek, is die dood van die slot Hyron Andrew veroorsaak deur ‘n skeur in sy aorta. Andrew is verlede Vrydag skielik in ‘n Franse hotel, kort voor die span se wedstryd teen La Rochelle, oorlede. Die verklaring sê die Franse owerhede, wat die nadoodse ondersoek uitgevoer het, het die die oorsaak as ‘n skeur in die aorta bevestig, wat tot hartversaking gelei het. Die Leeus het besluit om die 31-jarige te huldig deur nie die wedstryd uit te stel nie. Die tuisspan het die wedstryd met 31-14 gewen.
Rugby: Leeus-Rugby bevestig die oorsaak van Hyron Andrew se dood