# Gholf: Die Suid-Afrikaner Louis Oosthuizen keer terug na die DP World-toer na sy besluit om LIV Gholf te verlaat. Die 44-jarige het vyf jaar gelede by LIV aangesluit, maar die liga ondervind ‘n onseker toekoms nadat Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds sy finansiële steun onttrek het. Oosthuizen sê die besluit was een van die moeilikstes van sy loopbaan nadat sy aansluiting by LIV een van sy bestes was. Hy glo egter ‘n meer buigsame speelprogram sal hom die kans bied om steeds op die hoogste vlak mee te ding.
Gholf: Oosthuizen verlaat LIV en keer terug na die DP World-toer