Skip to content

Rugby: Bok-flank De Villiers voer weer Stormers aan teen Scarlets

# Rugby: Die Springbok-flank Paul de Villiers sal Saterdag in Kaapstad weer die Stormers aanvoer in hul kragmeting teen die Scarlets van Wallis in die Verenigde Rugbykampioenskap. Die gereelde kaptein, Ruhan Nel, is steeds langs die kantlyn weens ’n ligte kuitbesering en die swpan is nie haastig om hom terug te bring nie. De Villiers word in die wedstrydgroep van 23 vergesel deur mede-voormalige Junior Springbok-kapteins Riley Norton, Zachary Porthen en Sacha Feinberg-Mngomezulu, terwyl Markus Muller sy eerste verskyning as binnesenter maak. Die afskop op die Kaapstad-stadion is om vieruur.