# Die Nasionale Tesourie beplan die eerste omvattende hersiening in 23 jaar van die wetgewing wat munisipale finansies reguleer. Die minister van Finansies Enoch Godongwana sê die veranderinge sal van munisipaliteite vereis om behoorlik gefinansierde begrotings te aanvaar, inkomstevordering te verbeter en aanspreeklikheid te versterk. Die wysigings sal die Tesourie ook groter bevoegdhede gee om finansiële wangedrag te ondersoek, verliese te verhaal en vroeër in te gryp wanneer munisipaliteite in finansiële nood verkeer. Godongwana sê die hervormings is daarop gemik om finansiële bestuur te verbeter, terwyl basiese dienste vir armer huishoudings beskerm word:
BEGROTING: Tesourie beplan ingrypende hersiening van Wet op Bestuur van Openbare Finansies [KLANK]
ENG GodongwanaOnMunicipalFinanceLaw