Skip to content

Ramaphosa sê koalisies kniehalter munisipaliteite en belemmer dienslewering

# Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê terwyl dit demokrasie versterk, maak koalisieregerings doeltreffende dienslewering dikwels moeilik vir burgemeesters en munisipale komitees. Ná die 2021 plaaslikeregeringsverkiesing was 66 munisipale rade sonder ʼn volstrekte meerderheid, wat die ANC in verskeie groot metro’s gedwing het tot minderheids-, koalisie- of opposisie-ooreenkomste. Ramaphosa sê die plaaslikeregeringstelsel het ernstige uitdagings, maar sê dit moenie gebruik word om almal in die regering oor dieselfde kan te skeer nie. Hy sê mense begeer goeie regering.