# Krieket: Kaptein Temba Bavuma het die Proteas op die derde reënonderbreekte dag van die tweede toets teen Australië in Gqeberha in ‘n posisie geplaas om te wen en die reeks gelykop te maak. Hy het ‘n indrukwekkende 179 lopies van 334 balle aangeteken, ‘n vennootskap van 132 lopies met Marco Jansen gedeel, en ‘n Suid-Afrikaanse rekordvennootskap van 183 lopies om die agtste paaltjie saam met Simon Harmer. Die Proteas het hul eerste beurt op 425 vir nege verklaar. Teen uitskeityd was Australië op drie vir een; 422 lopies agter Suid-Afrika.
Krieket: Bavuma se meesterlike honderdtal blaas nuwe lewe in die Proteas in die tweede toets teen Australië