Skip to content

Inwoners van Alberta verwerp referendum oor onafhanklikheid en bly deel van Kanada

# Die olieryke provinsie Alberta gaan deel bly van Kanada nadat inwoners ‘n referendum oor onafhanklikheid verwerp het. Hulle is in die nie-bindende stemming gevra of hulle die huidige status wil behou of met ‘n regsproses wil begin wat vereis word vir ‘n bindende stemming oor onafhanklikheid. Ses-en-sewentig-persent het gestem ten gunste daarvan om deel van Kanada te bly, terwyl 23,6-persent ‘n referendum oor afskeiding wou hê. Eerste minister Mark Carney sê Alberta het ‘n duidelike keuse gemaak, en nou kan almal vorentoe beweeg met ‘n hernude doelwit voor oë.