Skip to content

Storm beskadig dak van Regina Mundi-kerk in Soweto [KLANK]

# ‘n Hewige storm het Maandag groot skade in dele van Soweto veroorsaak, met die dak van die bekende Regina Mundi-kerk wat afgewaai het. Die woordvoerder vir nooddienste in die Stad Johannesburg, Robert Mulaudzi, sê brandbestryders het op twee stormverwante voorvalle in Soweto en die omliggende gebiede reageer. Die tweede voorval was by die Rutlwile Secondary School in Molapo, waar ‘n deel van die skool se dak ook afgewaai het. Mulaudzi sê gespesialiseerde noodspanne bly op hoë gereedheidsgrondslag:

ENG MulaudziONStorm