# Tshwane-burgemeester Nasiphi Moya erken dat nalatigheid veroorsaak het dat water nie met chloor behandel is nie. Sy sê die metro se chloor het opgeraak na ʼn geskil met die verskaffer. Volgens die nasionale Departement van Water en Sanitasie se ondersoek, het Tshwane drie weke lank onbehandelde water aan gemeenskappe in Bronkhorstspruit verskaf sonder om inwoners in kennis te stel dat dit onveilig is. Dit het veroorsaak dat minstens 408 mense, hoofsaaklik kinders, maagdermsiektes opgedoen het. Moya sê hulle sal optree teen amptenare wat verantwoordelik is vir die bestuur van Bronkhorstspruit se watersuiweringsaanlegte:
Tshwane-burgemeester erken nalatigheid na uitbreking van maagdermsiektes in Bronkhorstspruit [KLANK]
ENG MoyaOnSupplier