Skip to content

Franse stede kry toestemming om gedeeltelike klokreëls in te stel na gewelddadige oproer

# Frankryk se eerste minister, Sébastien Lecornu, het stede toestemming gegee om gedeeltelike klokreëls in te stel om mense, eiendom en sakeondernemings te beskerm. Die land steier onder die ergste onluste in jare terwyl mense betoog teen stygende brandstofpryse, lewenskoste en verswakkende dienslewering. Tweeduisend sakeondernemings het onder die betogings deurgeloop. Lecornu sê ultra-linkse radikale groepe het die onbestendigheid veroorsaak. Hy sê sowat 80-persent van die mense wat gearresteer is tydens die naweek se oproer en plundering, sal strafregtelik aangekla word.