Skip to content

Minstens 408 mense in Tshwane, hoofsaaklik kinders, het maagderm-siektes opgedoen [KLANK]

# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, sê die Stad Tshwane het versuim om Bronkhorstspruit-inwoners te waarsku dat water wat nie met chloor behandel is nie, onveilig is vir gebruik. Dit volg op ʼn uitbreking van maagdermsiektes. Tussen die 7de en die 8ste van hierdie maand is 408 gevalle in Tshwane Streek Sewe aangemeld. Die meeste was kinders jonger as vier, maar geen sterftes is aangemeld nie. Majodina sê die Water-navorsingskommissie is aangestel om onafhanklike watergehalte-toetse te doen en die uitslag word môre verwag:

ENG MajodinaOnWaterProbe