Skip to content

President Ramaphosa sê die bevordering van vroeë onderwys is ‘n gedeelde nasionale verantwoordelikheid

# President Cyril Ramaphosa sê die uitbreiding van toegang tot vroeë onderwys is ‘n ontwikkelingsprioriteit en ‘n manier om geskiedkundige ongelykhede aan te spreek. Hierdie week vind die tweede Bana Pele-leierskapsberaad in Gauteng plaas, wat daarop gemik is om samewerking te mobiliseer en te versterk om vinniger toegang te verseker tot algehele gehalte vroeë onderwys teen 2030. In sy weeklikse nuusbrief sê Ramaphosa die hervormings wat die regering in vroeë onderwys aangepak het, is deel van ‘n breër poging om Suid-Afrika se sosio-ekonomiese argitektuur te vernuwe. Hy sê die bevordering van vroeë onderwys is ‘n gedeelde nasionale verantwoordelikheid.