Skip to content

Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel sê sakevertroue styg ondanks September-daling

# Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid sê sakevertroue is, ten spyte van voortdurende ekonomiese onsekerheid, sterker as ‘n jaar gelede. Sy sakevertroue-indeks het verlede maand effens gedaal, met 0,8 punte tot 134,3 punte, maar het in die eerste nege maande van vanjaar op ‘n gemiddeld van 129,3 punte gestaan, vergeleke met 119 punte in dieselfde tydperk verlede jaar. Die uitvoerende hoof van die kamer, Alan Mukoki, sê ‘n toename in toeristeaankomste, verkope van nuwe voertuie en kleinhandelverkope het vertroue versterk, terwyl hoër energiepryse en onsekerheid oor oliepryse steeds kommerwekkend bly.