Skip to content

Rugby: Stormers beplan om hulle Bokke te laat rus voor November se vier toetse

# Rugby: Die Stormers beplan steeds om sommige van hul Springbokke in die komende weke te laat rus. Die toetsspelers is ingespan in die afgelope twee tuisoorwinnings oor die Haaie en Bristol Bears, maar die Bokke het rus nodig voor volgende maand se vier Nasieskampioenskapstoetse in Europa. Die direkteur van rugby, John Dobson, sê hy moet die Junior Bok-stut Ollie Reed in die volgende twee wedstryde speeltyd gun, terwyl die Bokke Sacha Feinberg-Mngomezulu, Damian Willemse en Paul de Villiers almal ‘n blaaskans nodig het.