# Die Wes-Kaapse LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Wendy Kaizer-Philander, verwelkom die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie se komitee vir noodsaaklike dienste se besluit om kinderbeskerming tot noodsaaklike diens te verklaar. Sy sê dis ʼn belangrike stap om weerlose kinders te beskerm en erkenning te gee aan die noodsaaklike werk van dié wat hulle beskerm. Kaizer-Philander sê kinders is afhanklik van verantwoordelike volwassenes, gemeenskappe en toegewyde beroepslui om hul veiligheid en welstand te verseker:
Wes-Kaapse LUR verwelkom toewysing van noodsaaklike dienste vir kinderbeskerming [KLANK]
AFR PhilanderONProtection