Skip to content

Rugby: Sizophila Solontsi gaan Bok-vroue aanvoer teen Ierland

# Rugby: Sizophila Solontsi sal die Springbok-vroue op die 24ste en 31ste van die maand aanvoer in die laaste twee toetse in die W-15 Wêreldreeks teen Ierland in Kaapstad, aangesien kaptein Babalwa Latsha weens ʼn enkelbesering buite aksie is. Nombuyekezo Mdliki is met ʼn rib-besering ook op die kantlyn. Unam Tose is aangewys as onderkaptein vir die twee toetse. Dis die eerste internasionale wedstryde tussen dié twee lande in Suid-Afrika.