# Die Johannesburgse Metropolisie sê die N12 is in beide rigtings gesluit weens ʼn diensleweringbetoging. Die pad is tussen Abu Baker Asvat-rylaan en die K43 Klipspruit-vallei in Lenasia gesluit. Die departement se woordvoerder, Xolani Fihla, sê motoriste wat deur Lenasia, Eldoradopark en omliggende gebiede reis, kan ernstige verkeersknope en vertragings verwag. Hy sê beamptes reguleer die verkeersvloei en probeer padgebruikers se veiligheid verseker:
N12 in Lenasia-omgewing in beide rigtings gesluit weens diensleweringbetoging [KLANK]
ENG FihlaONClosed