Skip to content

ANC in regstryd oor beweerde 40-miljoen-rand skuld aan digitaleveldtog-maatskappy

# Die maatskappy vir digitale veldtogte, Eltel, vat die ANC hof toe oor beweerde skuld van 40-miljoen-rand vir dienste wat tydens die 2019-verkiesing gelewer is. Dit hou verband met digitale bemarking, kommunikasie en tegniese ondersteuningsdienste. Volgens hofdokumente het die oorspronklike skuld van 24-miljoen-rand toegeneem tot ongeveer 40-miljoen-rand. Dit sluit rente in van 13-miljoen-rand en 2,9-miljoen se regskoste. Die maatskappy se stigter, Asif Casoojee, sê die hof moet die Verkiesingskommissie opdrag gee om fondse wat aan die ANC toegeken is, te herlei om die beweerde skuld te vereffen.