Skip to content

Macron beskryf gewelddadige onrus regoor Frankryk as werk van “opruiende elemente”

# Die Franse president Emmanuel Macron het kalmte en orde gevra en die geweld in die land beskryf as die werk van “opruiende elemente uit ver-linkse faksies, bygestaan ​​deur verskeie misdadigers.” Frankryk is geskok ná een van die gewelddadigste naweke ooit, met vreedsame anti-regeringsbetogings wat in oproer en plundering ontaard het. Die betogings was oor stygende brandstofpryse, toenemende lewenskoste en die agteruitgang van openbare dienste. Twee-duisend-400 mense is in hegtenis geneem. Macron het gisteraand in ‘n toespraak aan die nasie gesê niks regverdig die “ongebreidelde” geweld nie, en het belowe die betrokkenes sal aan die pen ry.