Skip to content

Swem: Pieter Coetzé is die vyfde Suid-Afrikaner wat die Swem-wêreldbeker wen

# Swem: Die 22-jarige Pieter Coetzé is die vyfde Suid-Afrikaner wat die Swem-Wêreldbeker wen. Hy het die algehele titel met 172,9 punte in drie Wêreldbeker-afdelings in Baku, Tashkent en Astana opgeraap, en tien medaljes huis toe geneem, onder meer ʼn wêreldrekord in die 50-meter rugslag. Coetzé steek sowat 1,6-miljoen-rand in sy sak vir die algehele titel en twee Triple Crown-bonusse van ongeveer 165-duisend-rand elk nadat hy goud gebuit het in die 100- en 200-meter rugslag by al die Wêreldbeker-afdelings.