# Rugby: Die Cheetahs het ʼn naelskraapse 29-27-nederlaag teen die Franse span, Bayonne, gely in hulle openingsrondte van die Europese Professionele Klubrugby-uitdaagbeker op die Stade Jean-Dauger. Die gashere het teen rustyd met 22-13 voorgeloop, maar ná ʼn sterk terugvegpoging het die Bloemfonteinse span met net twee punte verloor. Die Cheetahs was nie klinies genoeg om te wen nie, maar het nie ʼn bonuspunt teen hulle verdien nie. Die Cheetahs takel op 13 Desember die Dragons op hul aangenome tuisveld, St Helen’s in Swansea, Wallis.
Rugby: Cheetahs verloor naelskraaps teen Bayonne in Uitdaagbeker-openingswedstryd