Skip to content

Masemola vandag terug op sy pos as Nasionale Polisiekommissaris

# Die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, is vandag terug by die werk nadat president Cyril Ramaphosa sy voorsorgskorsing opgehef het. Dit volg nadat die Nasionale Vervolgingsgesag strafregtelike aanklagte teen hom in September teruggetrek het. Masemola is in April geskors vir beweerde versuim om toesig te hou oor ‘n polisie-gesondheidsdienskontrak ter waarde van 360-miljoen-rand, wat aan Medicare24 toegeken is. Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevind daar was geen redelike vooruitsig op ‘n suksesvolle vervolging is nie. Luitenant-generaal Puleng Dimpane het tydens sy skorsing as kommissaris waargeneem.