# Tennis: Maja Chwalinska van Pole het haar landgenoot Iga Swiatek met 7-5, 6-1 geklop en is deur na haar eerste WTA Een-duisend-eindstryd in Wuhan, China. Swiatek het met ‘n besering aan haar linkerdy gesukkel, nadat sy 5-3 in die eerste stel voor was. Chwalinska het tien van die daaropvolgende elf potte gewen om die oorwinning te beklink. Sy speel vandag in die eindstryd teen die Britse speler Sonay Kartal. Kartal het twee valbylpotte teen die Letse speler Jelena Ostapenko ingepalm en is nou in die grootste eindstryd van haar loopbaan. Albei spelers hoop op ‘n eerste WTA Een-duisend-titel.
Tennis: Chwalinska skakel Swiatek uit en haal Wuhan-eindstryd