Skip to content

Tennis: Twee Spanjaarde in Shanghai-eindstryd

#Tennis: Die Spanjaarde Alejandro Davidovich Fokina en Rafael Jodar gaan sake uitwoed in die eindstryd van die Shanghai Meesters, nadat hulle onderskeidelik die topgekeurde Alexander Zverev en die voormalige wêreldnommer een, Daniil Medvedev, uitgeskakel het. Davidovich Fokina het die Duitser Zverev met 5-7, 6-4, 6-3 verslaan, terwyl die 20-jarige Jodar die Rus Medvedev met 6-3, 6-4 geklop het. Jodar is nou in sy eerste Meesters Een-duised-eindstryd na merkwaardige vordering hierdie seisoen. Davidovich Fokina soek ook sy eerste titel op hierdie vlak, nadat hy in 2022 naaswenner in Monte Carlo was.