Skip to content

Ramaphosa hef Fannie Masemola se skorsing op [KLANK]

# President Cyril Ramaphosa het die voorlopige skorsing van die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, opgehef. Hy is aangekla ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur oor ʼn tender van 360-miljoen-rand aan die vermeende misdaadbaas, Vusimuzi “Cat” Matala. Die aanklagte is verlede maand teruggetrek nadat die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, Andy Mothibi, bevind het daar is geen redelike hoop op suksesvolle vervolging nie. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Masemola sal Maandag sy pligte hervat:

ENG MagwenyaONMasemola