# Die ontsetelde Venezolaanse president Nicolás Maduro en sy vrou, Cilia Flores, het onskuldig gepleit op nuwe aanklagte van marteling wat Amerikaanse owerhede teen hulle ingebring het. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle toesig gehou het oor ‘n gewelddadige stelsel wat slagoffers, insluitend Amerikaanse burgers, in aanhouding gemartel het. Maduro het die nuwe aanklagte as vals bewerings afgemaak. Hy en Flores word reeds aangekla van dwelm- en vuurwapenhandel in Amerika, wat hulle ontken. Die verhoor sal nou op 14 Junie volgende jaar begin.
Maduro en sy vrou pleit onskuldig op nuwe Amerikaanse aanklagte van marteling