# Polisie in Mpumalanga ondersoek ʼn ongeregistreerde rehabilitasiesentrum in Waterval B naby Siyabuswa nadat ongeveer 200 mense op die perseel gevind is. Hulle was volgens berigte vasgebind en verhonger. Die groep het sowat 30 vroue ingesluit. Die sentrum word blykbaar bedryf deur ʼn kerk onder bestuur van ʼn pastoor en sy vrou. Die polisie sê die groep sluit mense in van Soweto, Springs en Rustenburg. Die woordvoerder van Mpumalanga se Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, Tebogo Matoane-Nkabinde, het aan Newzroom Afrika gesê die mense is tydens ʼn roetine-ondersoek gevind:
Sowat 200 mense by onwettige rehabilitasiesentrum in Mpumalanga gevind [KLANK]
ENG NkabindeOnIllegalCentre